In die Bybese Skeppingsperspektief word daar algemeen geglo dat die heelal geskep is deur handelinge deur die onsienlike God (Elohim). Dit het oor n kwessie van ses dae plaasgevind waartydens die verskillende fasette van die Hemel en Aarde en alles daarop geskep is. Die ses dae word as n letterlike tydperk van ses 24-uur periodes gesien. Sommige moderne perspektiewe glo dat die ses dae dalk eerder ses periodes van langer tydperke kan wees soos bv. Ses eeue. In die Bybelse Skeppingsperspektief word dit duidelik gestel dat God aktief besig was vir ses dae met die skepping nl. Die skeiding van lig en donkerte. Daar was dus n ordening van chaos en dus is dit nie moontlik dat dinge deur middel van n onverstaanbare, natuurlike reeks prosesse tot stand gekom het nie. Die Bybelse Skeppingsverhaal kan dus ook nie in n geologiese of astronomiese tydsbegrip vasgevat word nie. Die Bybelse Skeppingsperspektief toon dat God alles geskep het deur die beweging van Sy gees. Hy het dit deur middel van spraak laat plaasvind nl.Laat daar lig wees. Hy het die mens geskep na sy beeld en die vrou uit die man se ribbeen.
Die Islam Skeppingsperspektief is grootliks verwant aan die Bybel. Die Koran dui ook sonder twyfel aan dat die heelal en mensdom direk deur God (Allah) geskape is. Daar was n ordening van chaos wat plaasgevind het.
Hulle glo dat Genesis slegs n korrupte weergawe van God se woord is. Die Koran laat n wyer reeks interpretasies voor as die Bybel. In die Isalmitiese geloof word sommige wetenskaplike benaderings tot die skepping aanvaar. Dit sluit die ouderdom van die aarde in en die ouderdom van die heelal. Alhoewel hulle ook glo dat daar geen lukrake gebeure is nie. Alles