IKEA – DIE WÊRELDWYE KLEINHANDELAAR IKEA is moontlik die wêreld se suksesvolste wêreldwye kleinhandelaar. Hierdie huismeubileringsuperwinkel wat in 1943 deur Ingvar Kamprad van Swede gevestig is toe hy net 17 jaar oud was, het vandag tot ’n wêreldwye kultushandelsnaam met 230 winkels in 33 lande ontwikkel wat 410 miljoen kopers ’n jaar hanteer en verkope van €14.8 miljard (±R141 miljard) genereer. Kamprad, wat nog steeds die private maatskappy besit, is na bewering die wêreld se rykste man. IKEA se teikenmark is die wêreldwye middelklas wat aantreklik ontwerpte meubels en huishoudelike items wat laag geprys is, wil hê.