Onderwerp: Afrikaans het soos ‘n soet kind al sy wortels geëet
Voorsitter. Jy kry Afrikaans in duisende boeke. Ons hoor gereeld van Afrikaanse dramas wat groot erkenning geniet, weet van verskillende Afrikaanse gedigte van wêreldklas en verneem telkens met belangstelling van ’n soveelste Afrikaanse roman wat in ’n ander taal vertaal is. Afrikaans laat hom dus wyd en syd geld. Dit staan immers nie terug vir enige ander taal as dit by seggenskrag kom nie. En tog: skaars ’n eeu of wat gelede was daar sekere Afrikaanssprekendes wat “die Taal” as ’n agterlike dialek van Nederlands beskou het. Dis ’n armsalige kombuistaaltjie. Hoe sou só ’n boerse flenter van ’n tongval met ’n uiters verskraalde grammatika en ’n tingerige woordeskat nou ooit gebore in staat wees om enige behoorlike uitdrukking aan edel gedagtes te gee? Maar dames en here, Afrikaans het soos ‘n soet kind al sy wortels geëet en vandag kan ons behoorlik kommunikeer.
Die eerste wortel wat ons Afrikaanse taal moes eet was ‘n Europese wortel. Ek lees in die boek Afrikaans en sy Europese verlede deur E.H. Raidt hoe hierdie wortel aan ons bekend gemaak is. In 1652 het die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) van Nederland ’n verversingspos aan die Kaap gestig vir sy skepe wat na en van die Ooste gevaar het. Die amptenary van die VOC het hoofsaaklik Hollands gepraat. Hulle het van verskillende Europese lande gekom, bv. die Duitstalige gebiede, Nederland, die Skandinawiese lande en Frankryk. Aangesien die taalbeleid van die VOC baie streng was en die Kompanjie gretig was om die Hollandse karakter van die Kaap te behou, is al die mense verplig om Hollands aan te leer. Ek dink hierdie saambondeling van sprekers van die verskillende Nederlandse dialekte, tesame met die aanleer van die taal deur Europese vreemdelinge, het ’n groot uitwerking gehad op die planting van die Afrikaanse wortel. Dus was Afrikaans teen die middel van die agttiende eeu as ’n afsonderlike